Kyra

Some Good News for Kyra – 24 November

Click here for English translation.

Jammer dat ek nou eers n update gee, laas week was n rowwe week vir Kyra, en die week het ons eers net bietjie rustig geraak en die huis geniet…

Soos almal weet was sy laas Dinsdag vir haar laaste chemo en dat sy toe koors gekry het en op antibiotika gesit was, daai Vrydag moes die Dr weer bloed trek om na haar infeksie tellings te kyk, met groot skok toe hy haar lyn oop maak, was daar gaggas op die lappie, daar was n abses by haar lyn binne en dis wat die koors veroorsaak, hy kon van dit uit vruif as ek dit so kan stel maar sy moes teater toe om haar Hickmanline uit te haal voor die abses in haar sisteem gaan, 11uur moet sy teater toe, 12uur stap mamma saam met Kyra en die oulike suster in die teater in, hulle probeer die masker met die gas oor haar neus hou maar ai die Burger baklei jong en mamma praat net mooi, toe sy slaap gee ek haar n soentjie op haar wang en moes ek my kind weereens daar los, maar ek`t geweet sy`s in goeie hande.. Skaars 15min en sy is uit en op en wakker, vir die eerste keer in 11maande kon ek weer my liefie lyf se hele magie sien en ekt so uitgesien om haar lekker te bad op haar magie..

Die Hickmanline het dit maklik gemaak want hulle het haar chemo daar deur gegee en kon bloed trek als, maar nou sonder hom beteken dit sy moet n drip kry in haar handtjie, ekt sommer n hol kol op my maag gekry want ek weet hoe sy gehuil het Januarie toe al die toetse gedoen was maar syt dit baie beter hanteer die keer, nogsteeds gehuil en die Dr aan gekyk asof sy hom enigetyd telyf gaan gaan hehehe, hy kon nie aartjie in een van haar handtjies kry nie en moes toe die voet vat, Saterdag het drip gelek en moes Dr hom uit haal en een in die ander voetjie sit, Sondagaand het daai enetjie in haar weefsel gesteek en haar hele voetjie was klip hard en geswel, gelukkig was sy so te se klaar met haar antibiotika so dit was nie nodig vir n drip weer nie…

Maandag het Dr die uitslae van die abses kom gee, hy hou nie van die gogga nie dit kan gevaarlik wees maar darem wys dit dis nie in haar bloedstroom in nie en die bron is uitgehaal ennn ons kan huistoe, sy moes net nog antibiotika drink by die huis…

Nou vir die goeie nuus:

Laas Woensdag kon sy nogsteeds vir die scan gaan, die plekkie waar die gewas uitgehaal is is mooi skoon en daar is ook geen nuwe gewasse of ander goedtjies iewers anders nie maar die Radioloog kan nie sien of dit nog die kolle is en of dit net scar tissue is op haar lewer nie, die 27ste gaan sy vir n MR scan wat mooi als sal wys, bid asb dat dit net scar tissue is en dat die lewer ook skoon is en dat sy nou totaal en al genees sal wees. πŸ™

Terwyl ek nou die post tik het Kyra weer koors, Dr het gese wat ons moet doen en as dit nie werk nie moet ons hospitaal toe, asb bid dat haar koors sal breek en dat sy okay sal wees die een oomblik is ons prinsessie gelukkig en weer haarself en dan onverwags gebeur so iets, dit breek my hart, sy`s deur so baie al, bid mense asb bid.

Dankie vir julle almal se ondersteuning en gebede ons wardeer dit vreeslik baie.

back-to-top