Keanu Update 28 May 2018: Diary of a Mom

Keanu Update 28 May 2018: Diary of a Mom

Update published on KEANU ons Superkind / #Cure4Keanu Facebook Page by Colette van de Giessen, 28 May 2018.

“Wat n rollercoaster van emosies die laaste paar dae…
3 dae laas week van hoë dosis chemo, eerste nag 40 grade koors vir 12 uur, toe kom die nagevolge van chemo…meer as 30 keer se braking in minder as 24 uur, saterdag weer opgeneem, toe begin die magie, 2 dae van geen kossies of vloeistof in neem nie, en dat n mens kan juig as jou kind n klein happie hoender en jellie en sappie drink….die klein dingetjies is nou waarvoor mens in jou lewe voor wens. Weg jou vieslike virus!!

Ons liefste Keanu bly eers in die hospitaal tot ons hom weer tip top kan kry en mamma vermaak met sing en dans vir hom om sy bed. Mens kan maar lekker mal raak as jy in dieselfde 4 mure vaskyk vir meer as 72uur, en hierdie is dieselfde mure wat ons sien sedert Oktober 2017.

Die klong wys hy is sterk, hy kan darem nog die tantrum ding doen terwyl hy aan n drippie hang.
Ons is so geseend om fantastiese mensies te he wat Keanu so lief het, het sy hier in die hospitaal, bure tot op Facebook. Dankie ons maters en geliefdes en selfs die vreemdes, julle dra ons so mooi en dankie vir al jul gebedjies.

Lief jou my engelkind!!”

 

Share ღ
back-to-top