Buy a Bon Voyage E-Card for Keanu

Buy a Bon Voyage E-Card for Keanu and Stand a Chance to Win a Bottle of Graham Beck Magnum

Keanu Moore, a 3-year-old boy from Brackenfell, Cape Town was diagnosed with Stage 4 Neuroblastoma cancer in October 2017. The #Cure4Keanu campaign is aimed at raising funds to allow Keanu and his parents to travel overseas so that he can receive Immunotherapy treatment and give him a fighting chance at life.

Send Keanu a Bon Voyage e-card and wish him and his parents a safe and successful trip to Barcelona, Spain. Remember to send your personalized message to Keanu and his parents to info@cure4Keanu.co.za along with your card receipt before 15 September. Purchasing an e-card also enters your name into the raffle to stand a chance to win a bottle Graham Beck Magnum! Let`s send them off to Spain with many good wishes and a lighter financial burden!

Buy “Bon Voyage Keanu” E-Card here.

 

Dagboek van n mamma – #Cure4Keanu, 8 September 2018

Hartklop in keel, trane rol, hele lyf bewe. Maar ons kan jubel dat ons klein lyfie het die bestraling soos ‘n champ gedoen en die wonderlike St. Stephen onkologie kliniek, wat die eerste kind bestraal het, was fantasties.
Ek huil non-stop julle, die jaar het amper gevlieg en nou is ons klaar met wat Suid-Afrika het om ons kinders aan te bied met die kanker….dit is nou dat jy basies sit en wag wanneer kom die relapse….Mamma moet nie so dink nie. Ons is positief. Ons veg, ons gaan, volgens my rekord gaan die EERSTE Suid-Afrikaner wees wat die tipe hu3f8 Immunoterapie gaan kry, EN DIT SAL SUKSESVOL wees. Dan daarna, ja, daar is nog behandeling na die 8 maande. Ons wil kyk om hom op die nuwe Vaccine trial te sit….ons moet SA wys dat ons moet geld en navorsing hierin stoot. Ons gaan hulle wys dit is die moeite werd, KEANU sal genees hiervan. Hoe dan anders!!!

Mamma is tans al besig om te pak, kry huis reg vir huurders (soek wel nog huurders ook), ons sit nog op die ente op ons stoele en stres om die visas in tyd te ontvang, 9 dae mensies, dan moet ons daar wees. Liewe Jesus, asseblief dat ons ons dokumente betyds kry, dat daar geen hick-ups sal wees nie – NEE DAAR SAL NIE!!

Keanu is baie sterk, bestraling het hom so bietjie naar gemaak so gewiggie is af, maar mense, daai hare, daai oogwimpers, DIT IS PRAGTIG AMEN!!!! Ons man slaap nou al rustig vannaand….kyk daai hare. xxxx

DANKIE VIR ELKEEN SE LIEFDE EN ONDERSTEUNING!!!

Nou kom die volgende…..en mamma voel soos ‘n hond met haar stertjie tussen haar boude……dit is ‘n pleit vir ons fondse, ons is so naby, maar nog so ver. Ek moedig / pleit jul graag aan om vir Keanu ‘n Bon Voyage e-card te koop en staan ‘n kans om ‘n Graham Beck Magnum te wen. Jy maak hom oop wanneer ons jul die goeie nuus gee….KEANU IS A SURVIVOR!!!

Llief julle almal!!

 


 

Share ღ
back-to-top