gebeds versoek vir baba logan

Update: Logan van Aswegen – DRINGENDE Gebeds Versoek

Ons wil groot asseblief vra dat ons Arms of Mercy familie saam met ons sal intree in gebed vir ons liefste klein baba, Logan Van Aswegen.

Logan is opgeneem in die hospitaal. Sy regter longetjie raas en hy het ophou asenhaal, hy`t ‘n tipe apnee en daar gaan plate geneem word. Hy kry ook nou ongelukkig nie genoeg voeding in nie en as gevolg daarvan het sy elektroliete vlakke ‘n wanbalans. 😥

Daar gaan ook verdere toetse gedoen word om vas te stel of sy huidige Epilepsie medikasie nog werk. Logan het longontsteking en breinvliesontsteking. Hy het ‘n paar keer by die dokter, terwyl hy wakker was, net ophou asemhaal, maar gelukkig het sy hartjie bly klop nog.

Ons bid dat die Here sy hand van genesing en vertroosting oor ons klein Logan sal hou en dat hy volkome sal genees 🙏 🙏 🙏

Dringende Fondse Benodig

Ons het dringend fondse nodig vir Logan. Sy ouma kyk na hom en sy het nie `n werk nie, en oupa moet die heeltyd geld uithaal. Logan se ma het steeds geen opwagting gemaak nie. Spaar R30 vandag en help ons om `n verskil te maak in hulle lewens, and Logan se mediese onkostes. Kontak die agent in jou area om bestellings te plaas. Sien agente en areas hier.

Share ღ
back-to-top