Slegte nuus vir Kyra- 5 Maart 2019

Slegte nuus vir Kyra – 5 Maart 2019

Uittreksels van die nuutse update deur Kyra se mamma.

… “Gister 07:45 het ek die slegte nuus gekry, Kyra se kolle is groter en meer op haar lewer, maar hoe kan dit wees???? Met die eerste bestraling het dit die helfte gekrimp al`s het goed gelyk, en nou dit? …

Ek was histeries soos julle kan verwag, Kyra, die sprankelende happy kind soos sy altyd is het op my skoot kom sit en my saggies gevryf oor my wang, ons het vir n hele rukkie net daar in die gang op die vloer gesit, ek wat huil en Kyra wat net rustig by haar mamma sit, asof sy geweet het ek het haar nodigโ€ฆ

Ons het half n normale lewe begin lei en ons was so positief ek meen die jaar wat verby is het baie goed gegaan als het goed gelyk… Ons het begin uit sien dat als beter gaan wees dat sy eventually dagsorg toe sal kan gaan, met maikies speel sonder dat ons hoef te stres dat sy siek kan word, buite speel al waai die wind, laat sy kind wees sonder om heeltyd haar koors te kyk, dat niks meer naalde ingedruk word nie, niks meer hospitaal nie behalwe net wanneer ons gaan kuier vir ons hospotaal familie, niks meer seer nie…

Ons wil die beste he vir ons kind en ons sal enigeiets doen om te sorg dat sy dit kry maak nie saak wat dit kos nie maar terselftertyd weet ek ook Kyra is in goeie hande, die Here se hande…

Kyra moet Woensdag gaan vir n MIBG scan en dit sal dan bepaal wat die pad vorentoe gaan wees, maar vir eers probeer ons, ons trane sluk en ons hartseer weg steek en ons hou aan bid dat die Here haar ten volle sal genees want ons weet Hy gaan ๐Ÿ™ Liefste Kyra ” (Facebook)

Kyra se storie

Everlasting Joy Bracelets for Kyra Burger Orders Open 1 August 2018
Share แƒฆ
back-to-top