Tiana van Blerk

Lilac Blossom Bracelets vir Tiana van Blerk – Neuroblastoma

Tiana se storie:

Tiana “Tia” van Blerk het baie sleg begin slaap, geen eetlus gehad nie en was huilerig en moeilik. Haar ouers het gedink sy is besig om haar “tweejaars kiestande en oogtande te sny”, maar haar linker ogie het vreemd begin lyk. Sy is gediagnoseer as moontlik skeel tot `n ooginfeksie deur twee Oog Spesialiste, 8 dae uit mekaar uit. Die ogie het steeds gepla en Donderdag aand 15 November 2018 is daar swelling by haar laer buik opgemerk.

Google Translate

Sy was ongevalle toe waar Dr Conradie gemerk het sy is baie bleek, hy het gereel vir bloedtoetse die volgende dag en n skedel scan. Na die bloedtoetse se uitslae het hy ons na die hospitaal ontbiet en Dr Atkins het haar verder behandel.

Hy het n CT scan laat doen en ons meegedeel dat daar n 8.1 x 9.2 cm gewas uit haar linker bynier gegroei het, daar is n gewas agter haar linker ogie tot in die sinuskanaal en nog n paar ander klein gewasse in die kliere op teen die bors.

Hulle het `n scan gedoen op haar skelet en beenmurg, maar dit het ongelukkig gewys dat die kanker reeds ekstensief in beide versprei het. `n Biopsie was gedoen op haar beenmurg en die groot gewas en sy is gediagnoseer met Neuroblastoma High Risk Stage 4 Kanker.

Donderdag 22 November het Tia haar eerste chemo behandeling gekry, en sy reageer baie goed. Die kanker was geweldig aggressief en mens kon duidelik sien hoe haar liggampie agteruit gaan. Sy kon van die 21ste af ook nie meer loop nie.

Die protokol is as volg: Tia moet vir 6 maande lank, elke 3 weke chemo kry. Dit is geweldig sterk so sy moet naby die hospitaal bly wanneer sy ontslaan word vir newe effekte.

Na die chemo gaan hul kyk wat het oorgebly (hopelik niks) en dit sal verwyder word. Sy moet dan radiasie kry en daarna stamsel-oorplanting. Daar is nog onsekerheid oor die pad daarna, maar die opsies is om te kyk na immunotherapy en vaccine. Hierdie behandeling is slegs oorsee beskikbaar en astronomies duur.

Ongelukkig beteken stage 4 (volgens statistiek), dat `n persoon 40 -50% kans het dat die kanker nie terugkom nie. Immunotherapy verbeter die kanse om skoon te bly met 20% en die vaccine verhoog dit met nog 20%. Maar dit is n groot besluit wat nog geneem moet word, en ook goed nagevors moet word.

Help ons om fondse in te samel vir Tiana van Blerk

Die Lilac Blossom Bracelets vir Tia kos R30 elk, en bestaan uit lilac en ligte grys gekleurde hout krale – met `n daisy, kruis of blom charm. Vir bestellingskontak die agent in jou area of koop aanlyn. Enige donasies is ook welkom.

“Let the flower blossoms remind you of new beginnings, the cross that God will be with you in every circumstance and may the daisy always remind you of the joy of life.”

“ ‘n 2-Jarige lewenslustige dogtertjie het gegaan vanaf blakend gesond na ‘n kind wat saam met haar ouers, haar oumas, die hele familie en ‘n ongelooflike span spesialiste veg om ‘n baie aggressiewe kanker te oorkom met alles wat in hul is en alles wat hul het.

Hul lewens het in ‘n oogwink verander vanaf die beplanning van hoe om Tia se 2de verjaarsdagpartytjie spesiaal te maak tot die realiteit van ‘iets is verkeerd met my kind’.

Hiervanaf was dit nog net dokters se spreekkamers, die een toets op die ander, opname in die hospitaal, stabilisering in ICU, vlug Kaap toe, biopsies en die finale verskriklike realiteit: Tia het ‘n gewas agter die linker oog tot in die sinuskanaal, ‘n baie groot gewas vanuit die linker bynier wat versprei het na verskeie dele van haar skelet, veral haar skedel en bene en ook in haar beenmurg.

Besluite moes deur ‘n geskokte ouerpaar in blitsige sekondes geneem word en die Spesialiste het onmiddellik met behandeling begin. In minder as ‘n week is die eerste Chemo reeds gegee.

Staan vandag stil en sit jouself in die skoene van Andre en Cerina…..net vir een oomblik vra ons dat jy op jou knieë gaan en vir hierdie gesin opdra aan ons Hemelse Vader wat hier ‘n wonderwerk sal moet stuur. Mag jy vandag stilstaan en jou eie kruis wat jy dra aanskou en dit in perspektief plaas met hierdie familie wat jou gedagtes en gebede nou meer nodig het as enige iets anders”. – Volg Warrior TIA op Facebook

Share ღ
back-to-top