

My Liefste Prinses, Bruinoog Mienke,
Jy was die rede, die begin, die inspirasie en die platform vir Arms of Mercy. Jy, liefste bruinoog engelkind, het my oe oopgemaak en deur jou het Liewe Jesus my gekies om te “dien”.
Vanoggend het jy jou engelvlerkies ontvang en jy is nou gelukkig in Jesus se arms. Ek is stom en my hart is verpletter en kan nog steeds nie die regte woorde vind nie.
Ons is almal so bitterlik baie lief vir jou, en verskriklik hartseer dat jy nie meer met ons is nie. Jou pragtige bruin oe en kosbare glimlag bly verewig in ons harte inge-ets.
Ons innige meegevoel gaan aan Verna en Ryno Mulder en die familie in hierdie moeilike tyd. Mag die Here julle versterk en vertroos en styf teen SY boesem vashou.
Ons rou saam met julle.
Karin Harmse en die AOM span
http://www.radiolaeveld.co.za/klein-mienke-mulder-sterf/
