Posted on

Rus in Vrede Gidion – Die Hemel is ‘n Dapper Engel Ryker Vandag

Rus in vrede Gidion du Toit

Rus in Vrede Gidion – Die Hemel is ‘n Dapper Engel Ryker Vandag

Vandag merk nog ‘n verskriklike hartseer dag op Arms of Mercy se kalender.

Klein Gidiion (Gidi), se stryd hier op aarde is verby so klein rukkie terug, hy`s nou in sy hemel-huis, veilig en pyn-vry op Jesus se skoot.

Ons gebede is met jou liewe Tuschka, wow wat ‘n Awesome mamma… Jy is `n Ystervroutjie en het berge versit vir Gidi. Mag ABBA Vader jou styf teen sy bors vasdruk en mag jy Sy vertroosting ten volle ervaar. Ons is hier as jy ietsie nodig het.. Al is dit net ‘n oor om te luister of skouer om te troos ❤️

Gidion, jy het soveel mense aan geraak met jou betowerende breë glimlag en jou positiewe houding… so klein maar tog so Dapper.

Jy het regtig my hart gesteel en dit was so `n vorreg om deel te kon wees van jou lewensreis Gidi, dankie vir ons geselsies… Jy het so gespog met Zazu… jou katjie, en wou hom sommer orals saam jou vat. Maar nou vlieg jy saam die engele ons klein pilot. Ons gaan jou verseker baie mis. 😥

Die hemel is ‘n dapper engel ryker vandag, sprei jou vlerke en vlieg hoog Gidi!

Al ons liefde en gebede en 1000e drukkies.

Cherise,
Arms of Mercy

Rus in Vrede Gidion