
23 November 2018
OUTISME ❣️ HULPKREET ❣️
Vanaand net hier waar ek sit in my binnekamer, ervaar ek die pyn en ontnugtering van ouers met outistiese kinders. Ek sien die verwese moegheid van nimmereindigende lang dae vol sukkel met kindertjies wat nie in woorde kan se as hulle iewers pyn, ongemak en hartseer voel nie. Die vernederinge wat ouers moet deurgaan. Die alleenheid en isolasie wat knaag omdat ouers nie soos gewone mense by vriende kan gaan braai en kuier nie. Geen van die ouers het ‘n sosiale lewe nie.
Ek het soveel begrip en empatie vir sulke gesinne. Ek salueer elke Mamma en Pappa met outistiese kinders en wil jule verseker dat Jesus altyd saam met julle die pad sal stap, al voel julle pad oneindig eensaam. Julle beloning sal julle verseker ontvang. 🙏
Die intensiewe terapie stel uitmergelende eise aan die ouers en finansiele bronne. Die terapie, regte dieete, medikasie is enorme bedrae en al hierdie Mammas moet na hulle kindertjies omsien terwyl die Pappa’s baie hard moet werk vir oorlewing.
Ek wil vanaand ‘n beroep doen op al Arms of Mercy ondersteuners om asseblief julle harte oop te maak vir ons outistiese kinders. Hulle kry bitter min ondersteuning en maak ek dit nou my werk om op enige moontlike manier hierdie “special needs” kindertjies te help sover dit moontlik is en ek vertrou my Jesus 200%. 🙏
Genade en nogmaals genade: God se genade kan ons definieer as “guns wat onverdiend is” wat geheel en al nie verwant is ten opsigte van elke en enige kwessie van menslike verdienstelikheid nie. Hoe fantasties is dit nie.
Blessings,
Karin Harmse
Arms of Mercy Founder